
=====================================================================
Op spoor van Maleise invloed (AV 6:1)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Op spoor van Maleise invloed

Gedink "bandelier" is so Afrikaans soos kan kom? Nee, dit kom uit Portugees en in die Molukke word 'n vroueserp nog 'n "bandolir" genoem, 
s Cor de Ruyter.   WAT bring 'n pensioenaris daartoe om 'n lys aan te l van alle Maleise woorde uit Suid-Afrikaanse bronne? Soveel werk 
is dan al deur groot taalkundiges gedoen sedert Changuion in 1844 op die verskille tussen Kaaps-Hollands en sy eie "korrekte" Nederlands 
gewys het? N hom was daar Mansvelt, Franken, Bosman en Scholtz, wat almal dele van die Oosterse leengoed behandel het.

Desondanks is daar vandag nog steeds bre belangstelling hier in Suid-Afrika en ook oorsee vir die historiese interaksie tussen die Maleise 
dialekte van Suidoos-Asi en Portugees en Hollands. Want die ontmoeting, of liewer botsing tussen daardie tale het interessante 
flentertjies van vreemde tale op verskeie plekke laat agterbly. Uit sulke brokkies maak taalgeleerdes belangrike afleidings, soos 
byvoorbeeld die resente ontdekking dat ons alledaagse ma-hulle net so voorkom in Molukse Maleis (Oos-Indonesi); daar is dit ma-dong: "ma 
en die mense by haar" (Den Besten).

Kom die Afrikaanse koesie ("katjie") miskien van die Maleis koetjing ("kat") af? Dalk het ons die onmisbare Afrikaanse baie van Nederlands 
gekry, waar dit voorkom 34 jaar voordat dit in 1780 hier by ons opgeteken is; daar het hulle nog, uit dieselfde Maleise woord banjak, 'n 
werkwoord banjeren (De Tollenaere), "as 'n grootmeneer heen en weer loop".

Het u gedink bandelier is so Afrikaans as kan kom? Jammer, maar dit kom uit Portugees, en in die Molukke word 'n vroueserp nog bandolir 
genoem (Grimes).

Baie meer woorde het oor die see na ons toe gekom: die katonkel is in Indonesi algemeen 'n tongkol (Teeuw), 'n soort makriel. Ons 
woordontong ("seekat") is dalk verkort uit die Javaans sontong, ook 'n seekat;ontong beteken tewens "geluk" of "fortuin" (Pigeaud). En nog 
di een: oorlams is nie afkomstig uit Maleis nie, dit kom al voor in laat Middelnederlands (omstreeks 1400) as orlemsc ("uitlandig") 
(Schnfeld); oorlams het deur 'n moeilike proses gegaan voordat die woord hier by ons beland het.

'n Blykbaar onvermydelike spelfout in die media en gesaghebbende Afrikaanse woordelyste is die naam orang-oetang. Asof di dier ons iets 
skuld; want in Suid-Afrika het oetang ("skuld") die plek ingeneem van (h)oetan, wat "bos" of "wildernis" is.

Maar om die vraag aan die begin te beantwoord: al vroeg was ek 'n besete leser met 'n oorgerfde aanleg vir geskiedenis en taal. Uit die 
goeie ou dae van 1935, die jare sonder radio of televisie of 'n oorvloed aan tydskrifte, onthou ek dat ek as agtjarige gerusgestel was dat 
Aleksander die Grote so netjies kon inpas tussen die boeiende geskiedenis van die Ou en di van die Nuwe Testament! Toe die jare 1940-45, 
die tyd van die Duitse besetting van my vaderland, Nederland, verby was, het Indonesi ook sy vryheid van Nederland geis. In 1948 was ek 
seker die enigste Nederlandse soldaat in ons bataljon wat met Van Ronkel se Maleise Woordenboek in Indonesi gaan oorlog   voer het.

Ruim twee jaar later is ons eenheid weer weg uit Soematra -- ons almal met veel meer kennis van die Ooste, en ek met 'n woordeskat van meer 
as 1 500 Maleise woorde.

N 1955, toe ek en my vrou in Suid-Afrika aangekom het, het 'n jarelange tegniese loopbaan gevolg. In hierdie tydperk was 'n belangstelling 
vir die Romeine se taal en kultuur so 'n dwingende stokperdjie dat ek ten slotte Latyn III by Unisa voltooi het. Afrikaans was die ander 
hoofvak. Maar 'n mens se kop wil anderkant vyf-en-sestig mos net die "lekker" dinge leer, soos hoe Maleis in die Kaap beland het, en hoe 
dit ook weer verdwyn het. En dit was dan ook die afgelope vyf jaar 'n studie wat my groot voldoening gegee het!

Kom ons kyk na Kahler (1971) se inskrywing vir adjoemat: "azimat amulet (Mal. Jav. Djimat < Arabies azimat)." 'n Haasbeentjie, of so iets? 
Nee, 'n geskrewe spreuk wat beskerming moet verleen. (In die Bybel vertel Numeri 5: 23 wat geskrewe woorde kon doen.) Moslem slawe wat in 
die laat agtiende eeu beplan het om van Kaapse base te dros, kon so 'n adjoemat met sitate uit die Koran bekom by Oupa Schaapie (Toean 
Noeroeman); daarmee kon jy aan gevare ontkom, soms onsigbaar word en veel meer. Die Kaapse owerheid het die sagmoedige Oupa Schaapie as 'n 
misdadiger toegesluit. In Islam is die gebruik van adjoemats wyd versprei. In die Filippyne bad mense in water waarin adjoemats gegooi is.

'n Kort verklaring soos die voorafgaande, 'n glos, sorg daarvoor dat die woord adjoemat vir ons lewendig en toepaslik word. Boonop word die 
woord s in sy historiese en kulturele konteks geplaas. Op di wyse het ek 550 glosse oor Maleise woorde (aba tot pisoek) voorlopig 
voltooi. Speurtogte in ouer en onlangse werke (200 is al geraadpleeg) dra deurlopend by om elke miniatuurprentjie verder af te rond.

'n Enkele leser is dalk bekend met die "Roos van Fatima" (o.a. Anastatica hierochuntica). Een eienskap van di gedroogde plant uit Arabi, 
'n ware erfstuk in Kaapse Maleierfamilies, is nogal besonder: dit sou vroue in kraam bystaan by die geboorte. As die plant vog kry, dui die 
manier waarop dit uitswel, aan hoe lank dit gaan duur voor die nuweling sy verskyning in die wreld maak. Waarskynlik het di gebruik van 
Java gekom, want in Soendaas (Wes-Java) het ons jukut Patimah ("gras van Fatima") wat op dieselfde manier gebruik word.

Ook blangsiekte -- 'n velsiekte wat sou ontstaan as Maleiers melk drink nadat hulle vis geet het -- is op Java bekend en dit lyk asof dit 
daar een van 'n reeks vistaboes kan wees.

Met die resultate van die ondersoek na Maleise woorde kan binnekort gewerk word. Woordeboekinskrywings kan nou meer gedifferensieer word. 
Belangriker is dat 'n vergelyking van die Kaapse Maleis met ander Maleis-Kreoolse en Maleis-benvloede dialekte moontlik word.

Baie werk l nog voor: eerstens word 'n sterk verkorte lys van alle opgespoorde woorde nou as 'n voorraadopname aangel. Elke woord kry min 
of meer 'n reltjie in die lys, waarop dan, hopelik nog vanjaar, kommentaar gevra sal word. Na verwag word, sal voltooiing van alle bre 
glosse die uwe nog ongeveer drie jaar besig hou. Mnr. Cor de Ruyter   is 'n pensioenaris van George wat sy studie oor die verband tussen 
Maleis en Afrikaans onder mentorskap van prof. Ernst Kotz van die Universiteit van Port Elizabeth doen.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av6118.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Maart 1999 /// 'Ek is Afrikaanse Euro-Afrikaan' (AV 6:1) /// Afrikaans, 
jy en die Grondwet (AV 6:1) /// Veeltaligheid gekoester deur jong mense (AV 6:1) /// Geletterdheid (AV 6:1) /// HOOFARTIKEL-- Jaar met nuwe 
uitdagings (AV 6:1) /// Taalervaringe van 'n Duitse immigrant (AV 6:1) /// Afrikaanse posiebron vir Lae Lande (AV 6:1) /// In Verneukpan 
en Boesmanland lf Afrikaans (AV 6:1) /// Onbeskaamd granaatbos /// Toegevoegde teenoor verminderde tweetaligheid (AV 6:1) /// Kortverhaal 
-- Huisdiere (AV 6:1) /// Onderwys-werksessies (AV 6:1) /// Afrikaanse Bybel op die Internet (AV 6:1) /// Jan Schutte: 'n Huldeblyk (AV 
6:1) /// 'Dominee, 'n mooi sin is 'n mooi ding' (AV 6:1) /// Ligter taalmomente oor die grensdraad /// Nuwe era vir Afrikaanse boek (AV 
6:1) /// Op spoor van Maleise invloed (AV 6:1) /// Millennium-blues (AV 6:1) /// Afrikaans kuier oor die drumpel (AV 6:1) /// Hy 
verpersoonlik eerlikheid (AV 6:1) /// Ons lesers skryf (AV 6:1) /// Koningin stap voor in die ry (AV 6:1) /// Di koor gee jou hoop (AV 
6:1) /// Met 'n uitsig op 'n park (AV 6:1) ///

